05.jpg (19887 Byte)

 Die Planeet van die Wortels

Vertaling deur Santa Botha

Introduction
Foreword or Afterword
Die Dromer
Die Blou Seuntjie
Die Planeet van die Wortels
Vrees
Nog Vrees
Die Eienaardige Mense van die Planeet Hortus
Die Twee Bakleiers
Man Teen Man
Die Groot Oorlog op Mars
Die Slaaf
Die Boere Wat Goed Was Met Syfers
Die Vreemde Oorlog
Arobanai
Ster-Slang
Verkeersknoop
Die Twee Gevangenes
Regverdigheid
Olie
Verslag aan die Raad van die Verenigde Sterrestelsels
Eerlike Woorde van 'n Europeër
Die Bom
Afterword or Foreword
Download Page
Discussion Forum
Martin Auers Geschichtenmaschine
Martin Auer's Homepage
Mail for Martin Auer

Lank gelede het daar op 'n klein planeetjie mense gebly waarvan party hardwerkend was en ander wat nie so hardwerkend was nie. Dan was daar ook 'n paar wat besonder hard gewerk het en 'n paar wat besonder lui was. Om op te som - dit het maar daar gegaan soos op enige ander plek in die heelal. In hierdie geval egter, het die luies en die flukses  alles waarmee hulle geboer het - hoofsaaklik verskillende soorte wortels - op 'n hoop gegooi het en alles van die hoop af met mekaar gedeel. Dit was nie hoe dit op ander plekke gegaan het nie.

Eendag het 'n paar van die flukses gesê: "Ons het genoeg gehad. Ons swoeg en sweet elke dag, terwyl die ander wat net die hele dag op hulle rue rondle en vir die son fluit, teen die einde van die dag doodluiters hier aangewals kom en dan ons wortels wil kom eet. En in plaas daarvan om hulle wortels ook op die gemeenskaplike hoop te gooi, bêre hulle dit in hulle huise waar hulle dit verober totdat hulle vet en ongemaklik is."

Die wat regtig baie lui was het maar net hulle skouers opgetrek en voortgegaan om van die groot hoop wortels te eet. Natuurlik het hulle ook meer van die hoop af geëet as wat hulleself daarheen gebring het.

Toe het die redelike flukses en die redelike luies agtergekom dat almal nou minder as vantevore gekry het, omdat die mense wat regtig baie hard gewerk het altyd heelwat meer wortels na die hoop toe gebring het as wat hulle self geëet het.

Toe het die redelike flukses gesê: "Nou gaan ons maar ons eie wortels ook hou."  Van toe af het hulle dit nie meer op die groot hoop gegooi nie, maar in plaas daarvan hulle eie klein hopie begin maak by hulle huise. Die redelike luies het dieselfde ding gedoen. "Ons het geen ander keuse nie," het hulle vir die mense gesê wat regtig baie lui was.

Nou het almal hulle eie wortelhopies voor hulle huise gehad. Wanneer hulle soms lus geword het vir 'n spesifieke soort wortel wat hulle nie in hulle hope gehad het nie, het hulle maar gaan kyk of hulle met iemand kan gaan uitruil.

Mense het vreeslik begin rondskarrel. Na werk het hulle ure lank wortels uitgeruil totdat hulle al die wortelsoorte in hulle huise gehad het wat hulle nodig gehad het, of wat hulle gedink het hulle nodig het.

"Dis nou vir jou te sê!" het die mense wat regtig lui was vir mekaar gesê. Daar was nie nou meer vir hulle 'n gemeenskaplike hoop waarop hulle kon teer nie. Elkeen van hulle het egter 'n ander les geleer uit hierdie situasie. Party van hulle het gesê: "Nou maar goed, dan sal ek seker maar 'n bietjie harder moet werk." Dit was egter makliker gesê as gedaan. Elke keer wat hierdie "gewese" lui persoon 'n stukkie grond gevind het om sy of haar wortels op te plant, was daar gewoonlik iemand gewees wat gesê het: "Hei, ek het nog altyd wortels hier geplant. Dis my grond hierdie."